KONSEP
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISMETAK MARIENE-EN KUSBESTUUR
BELEID VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VAN KOMMERSIëLEVISVANGREGTE IN DIE KLEIN PELAGIESE(ANSJOVIS EN SARDYN BEURSEëN OF BEURSNET) VISSERY:2005
INHOUDSOPGAWE
Inleiding...3
Sektorale profiel ...4
Die proses van Medium-termyn regtetoekenning...5
Oorkoepelende sektorale doelwitte ...5
Tydsduur ...6
Nuwe inkomelinge...7
Evalueringskriteria ...7
Uitsluitingskriteria...8
Vergelykende balanseringkriteria:...9
Transformasie:...9
Belegging in die vissery ...10
Prestasie...11
Byvangste en storting ...11
Waardetoevoeging...11
Plaaslike ekonomiese ontwikkeling...12
Werksgeleenthede...12
Betaling van visvangheffings ...13
Kwantumkriteria...13
Geskikte vaartuie...14
Multi-sektorale betrokkenheid...15
Aansoekgelde en heffings...15
Ekosisteembenadering tot bestuur van vissery...16
Konsolidering van deelnemers...16
Rooi-oog haring-vissery...16
Vaartuie en visvangpoging...17
Meet van prestasie...18
Waarnemersprogram...18
Permitvoorwaardes...18
Inleiding
Dié konsepbeleid vir openbare kommentaar vir die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die klein-pelagiesevissery vir ansjovis en sardyn beursnetvangs word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur (die "Departement"'). Die konsepbeleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belanghebbende en geaffekteerde partye mag teen 4 April 2005 skriftelik kommentaar lewer by die Departement. Kommentaar wat na hierdie datum ingelewer word, sal nie in aanmerking kom nie. Kommentaar moet as volg ingedien word:
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die klein-pelagiesevissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut.. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid vervat sodanige oorwegings, maar sluit ook .paar veranderinge en byvoegings in.
Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie beleid..Bestuurshandboek vir klein-pelagiesevissery sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in fyn besonderhede toepaslike bestuurmetodologie en -prosedures vir die visbedryf uitstippel.
Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om die artikel 18-magte om kommersiële visvangregte van die klein-pelagiesevissery toe te ken, ingevolge artkel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, Wet 18 van 1998 ("die WLMH") aan .senior beampte van die Departement te delegeer.
Sektorale profiel
Die klein-pelagiesevissery dateer terug na die 1940's toe .vloot in private besit, sardyne en marsbankers met behulp van beursnet vaartuie begin vang het. In 1953 is .jaarlikse maksimumbeperking van 270 000 ton vasgestel, maar dit was nooit toegepas nie. Die gevolg was dat vangste dié getal gereeld oorskry het. Teen 1961 is die maksimumbeperking opgehef. In 1962 is meer as 410 000 ton sardyn gevang, maar teen 1966 het die vangste tot 100 000 ton afgeneem. Die vloot het daarna hoofsaaklik ansjovis gevang deur nette met .kleiner ooggrootte te gebruik. In 1987 het ansjovisvangste .hoogtepunt van 600 000 ton bereik, maar vangste het daarna afgeneem en in 1996 is daar slegs 40 000 ton gevang. Ansjovis-en sardynvangste het sedertdien toegeneem, met vangste van beide spesies wat, oor die afgelope vyf jaar gemiddeld omtrent 250 000 ton bereik het. Die vissery word tans ingevolge die Operasionele Bestuursprosedure ("OBP") bestuur wat die jaarlikste Totale Toelaatbare Vangste ("TTV") vir ansjovis en sardyne bepaal.
Klein-pelagiesevis word naby die kus aangetref, hoofsaaklik langs die wes-en suidkus (ansjovis en sardyn) van die Wes-Kaap en die Oos-Kaapse kus (sardyn).
Die pelagiese visvloot bestaan uit beursnetvaartuie met .lengte van tussen 15 tot 30 meter met rompe wat uit hout-, GRP en staal bestaan. Die vissery verskaf werk aan .geraamde 7 800 persone. Hiervan is 5 300 persone tans op .permanente grondslag en 2 500 op .seisoenale grondslag in diens. Die gemiddelde jaarlikste inkomste van die seemanne is R94 000 - die hoogste in die visbedryf. Vyf-en-negentig persent van die werkers in die visbedryf is histories-benadeelde persone. Die waarde van die kusvissery is tans ongeveer R800 miljoen per jaar. Die markwaarde van die 106 vaartuie wat in dié bedryf werksaam is, is meer as R600 miljoen (.gemiddelde vaartuig se waarde is meer as R7 miljoen). Die vissery is kapitaal-intensief met regtehouers wat in vaartuie en prosessering-en bemarkingsinfrastruktuur moet belê of toegang moet verkry daartoe deur vangste-en prosesseringsooreenkomste.
Die proses van Medium-termyn regtetoekenning
In 1992 het histories-benadeelde persone ongeveer sewe persent van die klein-pelagiesevissery beheer. Sedert die toetreding van nuwe deelnemers vanaf 1991, het die gaping tussen die grootste en kleinste toewysings gekrimp. Oor dieselfde tydperk was daar .tienvoudige toename in swart betrokkenheid en eienaarskap in die vissery (van sewe persent tot 73 persent). In 2001 en 2002 het die Departement 113 medium-termyn (vierjaar) kommersiële klein-pelagiese visvangregte toegeken. Hiervan is:
persent aan deelnemers in swart besit toegeken;
persent van die TTV word beheer deur entiteite onder swart beheer;
persent van regtehouers is klein-of mediumondernemings (KMOs); en persent van alle vaartuie in die vissery word besit deur entiteite onder swart beheer.
Oorkoepelende sektorale doelwitte
Die oorkoepelende sektorale doelwitte van die toekenning van langtermyn-visvangregte in dié vissery is om:
die transformasieprofiel in stand te hou en te verbeter beleggings-en werkskeppingsvriendelike omgewing te skep;
beleggings in prosesserings-en bemarkingstrukture en in vaartuie veral die vervanging van ou vaartuie aan te moedig;
waardetoevoeging aan te moedig deur die ontwikkeling van nuwe produkte, veral produkte vir menslike gebruik;
Voorkombare byvangste te verminder ; en ekonomiese lewensvatbaarheid en omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te bevorder.
Die Departement sal nie kommersiële regte toeken met die uitsluitlike doel om vis as aas te benut nie.
Tydsduur
Met inagneming van die transformasieprofiel van die vissery;
die feit dat die huidige vloot van beursnetvaartuie oud is en vervang moet word;
die hoë aantal permanente betrekkings van gehalte wat verskaf word; en
die behoefte om ekonomiese stabiliteit in stand te hou;
beoog die department om kommersiële visvangregte toe te ken, vir 'n tydperk van nie langer nie as 12 jaar (1 Januarie 2006 tot 31 Desember 2018). Elke regte-houer sal nietemin met gereelde tussenposes teen voorafbepaalde prestasiekriteria getoets word.
Die Departement het besluit om nie regte vir die maksimumtydperk van 15 jaar toe te ken nie, vanweë kommer wat spruit uit oor-vangste en die onder-rapportering van deur regtehouers. Dié probleme word tans ondersoek.
Nuwe inkomelinge
In die lig van die talrykheid van ansjovis en sardyne wat tans heers, tesame met die inherente wisselvalligheid van voorraad van die klein pelagiese visbron is dit baie moontlik dat die talrykheid van een of albei spesies in die nabye toekoms sal afneem..Aansienlike afname in die TTV en poging in dié vissery word in die voooruitsig gestel. Verder is dit .vissery van hoë volume en lae wins. Dit beteken dat wesentlike langtermyntoekennings gemaak moet word, ten einde finansieel vatbaar te wees.
Gevolglik is die Departement van mening dat daar geen ruimte vir die toetrede van bykomende poging is nie (meer as die huidige 113 regtehouers wat 106 vaartuie benut). Bestaande deelnemers kan nietemin in die langtermynregtetoekenningsproses vervang word. Visvangregte sal aan nuwe inkomelinge toegeken word, indien hulle wesentlik met betrekking tot eienaarskap en bestuur getransformeer het;
nie .front vir ander maatskappye is nie;
onmiddellike toegang tot .geskikte vaartuig(-e) het en die kapitaal het om klein pelagiese-onderneming te finansier.
Evalueringskriteria
Aansoeke sal ingevolge .stel "uitsluitingskriteria" ondersoek word en daarna volgens .gelaaide stel "vergelykende balanseringskriteria" geëvalueer word. Daarna sal .afsnypunt vasgestel word om die suksesvolle aansoekers te kies. Visvangregte sal afsonderlik vir die ansjovis-en sardynvissery toegestaan word en aansoekers mag aansoek doen om .reg in elk van dié visserye..Persentasie van die TTV sal daarna aan elke suksesvolle aansoeker ingevolge .stel "kwantumkriteria" toegeken word.
Uitsluitingskriteria
Behalwe vir die kriteria beskryf in die algemene beleid, met betrekking tot die onbehoorlike indiening van die aansoeke en wesenlike tekortkominge, sal die Departement aansoekers uitsluit wat versuim om aan die volgende vereistes te voldoen:
Vorm van die aansoeker: Slegs aansoeke van entiteite geïnkorporeer ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984 en die Maatskappyewet, Wet 61 van 1973 sal in aanmerking kom. Aansoeke van natuurlike persone (d.w.s. individue of eenmansake) en trusts sal nie oorweeg word nie.
Wetsnakoming: Visvangregte vir die klein-pelagiesevissery sal nie toegeken word nie aan regtehouers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers wat skuldig bevind is aan .misdryf ingevolge die WLMH (sonder opsie om .boete te betaal). Regte sal ook nie toegeken word nie aan regtehouer-aansoekers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers, wie se visvangregte gekanselleer, opgeskort of ingetrek is ingevolge die WLMH.
Regtehouers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers, wat ondersoek word vir oortredings, hetsy krimineel of administratief, van die WLMH sal nie kwalifiseer vir regte voor die afhandeling van die betrokke ondersoek nie.
Die Departement vereis dat elke regtehouer .heffing betaal op die teikenspesies wat geland word..Aantal regtehouers het óf nog nie heffings betaal nie óf nie die hoeveelheid van die vangste korrek gerapporteer nie, om daardeur onder andere die betaling van die heffings te vermy.
Laasgenoemde regtehouers sal uitgesluit word. Eersgenoemde (nie-betaling van heffings verskuldig aan die Departement) sal gepenaliseer word in die vergelykende balanseringsproses soos hieronder uiteengesit.. Sou sodanige aansoeker egter nietemin vir .reg kwalifiseer, sal .visvangpermit nie uitgereik word nie alvorens die uitstaande heffings (plus rente) aan die Departement betaal is.
Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid, sal uitgesluit word.
Toegang tot geskikte vaartuig: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle .reg van toegang tot .geskikte vaartuig beding het (sien paragraaf 8 onder vir die definisie van .geskikte vaartuig)
Vergelykende balanseringkriteria:
Aansoekers wat regte hou, asook potensiële nuwe inkomelinge, sal gëevalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal:
a Transformasie:
Drie-en sewentig persent van regtehouers in dié vissery is tans in swart besit. Die regtehouers beheer 75 persent van die TTV. Klein -en medium ondernemings beslaan 85 persent van regtehouers.
Die Departement se doelwit by die toeken van langtermyn-visvangregte in die vissery is om die huidige transformasievlakke in stand te hou of te verbeter.
Soos deur die Algemene Visserybeleid vasgestel is, sal die aansoekers geëvalueer word volgens
Die persentasie swart persone en vroue wat op eienaarsvlakke en uitvoerende bestuursvlakke verteenwoordig is;
Of werknemers aandeelhouers van die aansoeker is en die voordele wat hulle hieruit kry;
Regstellende aankope;
Die aantal swart persone en vroue op verskillende vlakke benede die vlak van uitvoerende bestuur;
Nakoming van die Wet op Diensbillikheid, Wet 55 van 1988; en
Korporatiewe maatskaplike belegging.
b Belegging in die vissery
Met betrekking tot bestaande regtehouers, sal die Departement die volgende spesifiek in aanmerking neem:
Beleggings in geskikte vaartuie vir die oes van klein-pelagiesevisse. In hierdie verband sal beleggings in die vorm van aandeelhouding in aanmerking geneem word;
Beleggings in prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur.
Betreffende nuwe aansoekers sal die Departement oorweging gee aan beleggings gemaak in die vorm van vaartuie, prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. Verder sal nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die kennis, vaardigheid en vermoë het ten einde aan die klein-pelagiesevissery deel te neem.
c Prestasie
Regtehouers wat wesentlik meer of minder as hul toekennings vang (meer as 10%), sal gepenaliseer word. Finansiële prestasie sal gemeet word soos aangedui in die Algemene Visserybeleid.
d Byvangste en storting
Die Departement is besorg oor onwettige visvang met gebruik van beursnette wat gerig is op lynvisse (geelstert, witsteenbras en kabeljou) sowel as oor die oorskryding van die voorsorgmaatreël wat die bogrens vir die vang van jong marsbankers bepaal. Die vissery se interaksie met robbe is ook .rede tot kommer. Die vang van dolfyne in nette moet vermy word.
Die Departement sal daarna streef om regtehouers te beloon wat maatreëls in werking stel om byvangstespesies te verminder en die inmenging met seesoogdiere te beperk.
Die storting van vis is verbode en regtehouers wat hulle daaraan skuldig maak, mag moontlik nie kwalifiseer vir die toekenning van visvangregte nie. Die alternatief is dat hulle regte ingevolge artikel 28 van die WLMH gekanselleer of opgeskort kan word indien hulle wel visvangregte ontvang het.
e Waardetoevoeging
Die Departement mag oorweging gee aan aansoekers se vermoë om waarde toe te voeg tot klein-pelagiesevisse vir plaaslike en internasionale markte. Die Departement sal veral oorweeg of aansoekers op .direkte of indirekte wyse belê het, of beleggings gefasiliteer het, in die ontwikkeling van ansjovis-en sardynprodukte vir menslike gebruik.
e Plaaslike ekonomiese ontwikkeling
In heelwat van Suid-Afrika se klein kusdorpies is daar .behoefte aan belegging en werkskepping. Die Departement sal voorkeur verleen aan daardie aansoekers wat hulle vangste by hawegeriewe buite Kaapstad en
Saldanha aan wal bring en pelagiese vissery wat alreeds gepenaliseer word nie.
f Werksgeleenthede prosesseer. Groter regtehouers in die klein-in Kaapstad en Saldanha belê het, sal egter nie
Die klein-pelagiesevissery voorsien ongeveer 7 800 werksgeleenthede. Die salarisse van seevarende personeel beloop gemiddeld R94 000 per jaar - die hoogste van al die visserye. Die meeste werkers word op .voltydse basis in diens geneem party met mediese-en pensioenvoordele.
Die Department sal aansoekers verkies wat hul werknemers voorsien van -
Voltydse indiensneming;
Mediese-en pensioenvoordele;
Enige ander indiensnemingsvoordele; en
Veilige werksomstandighede.
In die geval van bestaande regtehouers, sal werksgeleenthede wat geskep word per ton vis toegeken gedurende die medium-termyn toekenningsproses, bepaal word en in aanmerking gebring word. Die Department sal ook die loonverskille tussen die hoogste en laagste besoldigde werknemers in aanmerking neem.
g Betaling van visvangheffings
Regtehouers sal gepenaliseer word as hul heffings vir .tydperk langer as 60 dae agterstallig is.
Aansoekers wat versuim om te voldoen aan hulle verpligtings ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op Heffings vir Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en diegene wat geringe oortredings van die WLMH begaan het (d w s oortredings wat nie hulle uitsluiting regverdig nie) sal gepenaliseer word.
Kwantumkriteria
Die vissery word gereguleer ooreenkomstig 'n Totale Toelaatbare Vangs (TTV). In .onlangse uitspraak het die Hoogste Hof van Appél bevind dat die metodologie wat gebruik word om kwantum vir sardyn en ansjovis toe te ken, hersien moet word. Dié kwantumformule is vir die 2005-visseisoen hersien. Die Departement sal langtermyn klein-pelagiesevisvangregte vir elke spesie afsonderlik toeken en aansoekers kan vir visvangregte in elke vissery aansoek doen. Dit beteken dat daar van .regtehouer van klein-pelagiesevisse vereis sal word om die kwantum van sardyn en/of ansjovis waarvoor aansoek gedoen word, te spesifiseer. Die kwantum wat toegeken word vir ansjovis en sardyn sal afsonderlik uitgedruk word as .persentasie van die TTV vir daardie spesie.
Vir regtehouers sal die Departement die 2005-toekennings as .basis gebruik, die gedeelte van TTV van bestaande regtehouers wat onsuksesvol was, of nie aansoek gedoen het nie, daarby voeg en dan die volgende herverdelingsmeganisme toepas:
Transformasie-poel: Tien persent van die klein-pelagiese TTV vir elke spesie sal herversprei word, ooreenkomstig punte vir transformasie;
Ondernemings van klein en medium formaat: Tien persent van die klein-pelagiesevissery se TTV vir elke spesie sal opsygesit word vir suksesvolle aansoekers wat ondernemings van klein of medium formaat is. Klein of medium ondernemings word gedefinieer as dié met .jaarlikse omset van nie meer as R5miljoen vir die medium-formaat, en R3 miljoen vir 'n klein-formaat onderneming nie;
Vaartuigeienaars: Vyftien persent van die klein-pelagiesevissery se TTV vir elke spesie sal opsygesit word vir herverdeling aan ondernemings van klein of medium-formaat wat in hul eie vaartuie belê het (100 persent) en meer as 50 persent van hul eie klein-pelagiesevaartuie voor 30 Januarie 2005 afbetaal het;
Waardetoevoeging: Vyftien persent van die klein-pelagiesevissery se TTV vir elke spesie sal opsygesit word vir herverdeling aan dié suksesvolle aansoekers wat in die ontwikkeling van produkte vir menslike gebruik van TTV, op .direkte of indirekte wyse, belê het of dit voortgehelp het. Die punte van suksesvolle aansoekers vir waardetoevoeging sal gebruik word om die TTV te herverdeel.
Enige nuwe aansoeker sal .kwantum toegeken word wat gelykstaande is aan die laagste kwantum van 'n suksesvolle regtehouer. In die geval waar die laagste getal nul was (vir of sardyn of ansjovis), sal die Departement dan die tweede laagste hoeveelheid toeken.
Geskikte vaartuie
In die klein-pelagiesevissery is .geskikte vaartuig .vaartuig:
met .maksimum SAMVV-gesertifiseerde lengte van ongeveer 30 m;
met .werkende vaartuigmoniteringstelsel;
wat vir beursnetvissery toegerus is; en wat nie aangehou word of ingevolge die WLMH gekonfiskeer is nie.
Multi-sektorale betrokkenheid
Regtehouers in die klein-pelagiesevissery word nie daarvan weerhou om regte in enige vissery in die Groep A-en Groep B visserye te hou nie. Regtehouers in die klein-pelagiesevissery (met inbegrip van beherende aandeelhouers en lede van hul uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in Groep C-en Groep D visserye te hou nie.
Aansoekgelde en heffings
Die aansoekgeld vir die klein-pelagiesevissery sal bepaal word met inagneming van:
Die koste van die regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings. In hierdie verband sal die koste aangegaan gedurende die mediumtermyn proses as .riglyn dien; en
Die waarde van die vis wat toegeken word oor die duur van die reg.
Die jaarlikse heffings wat met aanvang van 1 Januarie 2006 betaalbaar is, sal hersien word na oorlegpleging met geaffekteerde en belanghebbende partye.
Die bestuursmaatreëls soos hieronder uiteengesit verwys na sommige van die Departement se hoofvoornemens vir die bestuur van hierdie vissery, nadat regte toegeken is.
Ekosisteembenadering tot bestuur van vissery
Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot die vissery (EBV)..Ekosisteembenadering tot die bestuur van die vissery is .holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning gee daaraan dat visvang en verwante aktiwiteite die breë mariene omgewing beïnvloed. Hierdie deel van die beleid vir die klein-pelagiesevissery probeer nie om .beleidsverklaring oor EBV in die vissery te voorsien nie. Die EBV in die klein-pelagiesevissery sal verder uiteengesit word in die bestuurshandboek vir die Klein-pelagiesevissery. Suid-Afrika bly verbind tot die teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van .EBV in die kommersiële visserye.
Konsolidering van deelnemers
Na die toekenning van kommersiële visvangregte vir 12 jaar in dié vissery sal die Departement die konsolidasie van aktiewe regtehouers in die vissery fasiliteer, veral waar:
Regtehouers dieselfde aandeelhouers, kantore of bestuurspan deel, of
Kleiner regtehouers verkies om hul sakebedrywighede te konsolideer.
Rooi-oog haring-vissery
Alhoewel die klein-pelagiesevissery gerig is op die benutting van ansjovis en sardine, word rooi-oog harings ook geteiken, veral vroeg in die jaar. Daar is bewyse dat rooi-oog haring substansie.l onderbenut word. Die Departement wil verdere inkomste en werksgeleenthede skep deur beter benutting van hierdie spesies aan te moedig. Om dit te bereik, ondersoek die Departement die moontlikheid om .beheerde vissery vir hierdie spesie tot stand te bring. Die Departement behou die reg voor om sodanige vissery te eniger tyd in die toekoms en na oorlegpleging met regtehouers en ander belanghebbendes, in te stel.
Vaartuie en visvangpoging
Daar is tans 106 klein-pelagiesevisvangvaartuie wat in Suid-Afrikaanse waters werksaam is. Omdat baie regtehouers nie die eienaars is van die vaartuie waarmee hulle visvang nie en omdat sommige vaartuie vervang moet word, besef die Departement dat baie regtehouers, na die verkryging van toekenning van langtermyn-visvangregte, nuwe en verdere vaartuie sal wil inbring. Die Departement beskou die huidige pogingsvlakke in die vissery as optimaal. Regtehouers sal nie toegelaat word om vaartuie te gebruik wat in staat is om 'n vangspoging te ontplooi wat veel meer is as hulle toekenning nie. Verder mag die Departement met die Bedryfsliggaam van die Vissery konsulteer in verband met aansoeke om verdere of nuwe vaartuie in die sektor te benut.
Hoewel die Departement konsolidering van regtehouers aanmoedig in die vissery, is die Departement gekant teen monopolieë wat tot nadeel van die kleiner regtehouers kan werk.
Die versuim om vangste korrekte te rapporteer, het .aansienlike administratiewe en finansiële las op die Departement geplaas en dit is ook .risiko vir die behoorlike bestuur van die hulpbron. Die Departement oorweeg dit om .totale ontplooide vangspoging (TOV) vir hierdie bedryf in te stel en sal later met die regtehouers oorlegpleeg oor hierdie bestuursprosedure.
Meet van prestasie
Die Departement sal .aantal formele prestasiemaatstawwe instel vir die tydsduur van die kommersiële visvangregte. Dit word in die vooruitsig gestel dat die eerste prestasiemeting na twee jaar sal plaasvind en daarna elke vierde jaar.
Alhoewel die Departement die presiese kriteria sal finaliseer waaraan die regtehouers na die toekenning van kommersiële visvangregte gemeet sal word, en na oorlegpleging met regtehouers, mag die volgende breë prestasie-verwante kriteria gebruik word:
transformasie;
belegging in vaartuie en toerusting;
volhoubare benutting, en in besonder, die ekologiese uitwerking van beursnetvissery asook die mitigasie van byvangste;
nakoming van toepaslike wette en regulasies.
Waarnemersprogram
Die Departement se huidige waarnemersprogram sal uitgebrei word om waarneming vir wetstoepassings-doeleindes in te sluit. Die Departement sal verder die waarneming van hierdie vissery stelselmatig uitbrei. Van regtehouers sal verwag word om die koste van die waarnemingsproses te dra.
Permitvoorwaardes
Permitvoorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes op hierdie vissery vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om oor hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer.
